Idees Vol Vrees
Kobus Galloway se Idees Vol Vrees-tekenprente het Suid-Afrika binne maande na hul eerste verskyning stormenderhand verower. Dié ongewone, spitsvondige en grappige Afrikaanse tekenprente gaan gewoonlik gepaard met dubbelsinnige eenreël-woordspelings en is enig in hul soort. Die reeks het baie gou ingang gevind: net 100 dae nadat Galloway ’n Facebook-blad begin het om sy tekenprente bekend te stel, het hy reeds byna 25 000 bewonderaars gehad. Idees Vol Vrees word op dosyne webwerwe oral op die internet genoem en verskyn ook in Huisgenoot en ander publikasies.
Hierdie versameling bevat meer as 150 tekenprente, waaronder die gewildstes (dié waarvan Facebook-gebruikers die meeste hou) en meer as 50 nuwe tekenprente wat nog nêrens anders verskyn het nie. Dit is ’n moet-hê vir die tienduisende bestaande bewonderaars, en sal ongetwyfeld ’n hele klomp nuwes skep.
Kliek heir om die Idees Vol Vrees Facebook Page te besoek
Only available in Afrikaans
|