Sasol Voëls van Suider-Afrika IV
Sasol Voëls van Suider-Afrika bly die streek se mees omvattend geïllustreerde en beproefde veldgids. Hierdie vierde uitgawe is aansienlik verbter deur die toevoeging van groepinleidings en ’n deeglik hersiene teks, kalenderbalke wat spesies se voorkoms en broeitye toon, ’n afdeling oor 'hoe om die boek te gebruik', sowel as sonogramme wat lastige voëlgroepe se roepe weergee.
Die herontwerpte plate bevat noukeurige illustrasies, met byskrifte wat onderskeidende sleutelkenmerke aandui. Verspreidingskaarte toon die relatiewe getalrykheid van ’n spesie in die streek en dui ook stand- of trekvoëlstatus aan. Hierdie omvattende uitkenningsgids, deur die voorste voëlkykkenners geskryf, is onontbeerlik vir elke voëlkyker.
Ook beskikbaar as 'n PVC uitgawe - 9781770079281 | R 260.00 Also Available in English
|