Home Lifestyle Nature Travel and Heritage Fernwood Zebra Press Umuzi International eKhaya Apps
you are here: home | umuzi | short stories | alfabet van die voëls

Alfabet van die Voëls

Alfabet van die Voëls

Alfabet van die Voëls

WENNER VAN DIE 2012 JAN RABIE RAPPORT-PRYS & WENNER VAN DIE 2012 UNIVERSITEIT VAN JOHANNESBURG SE DEBUTPRYS! 

"Die verbysterende verskeidenheid verhale in SJ Naudé se merkwaardige bundel Alfabet van die voëls tel onder die bestes in Afrikaans, gebou op terugkerende motiewe en gegewens soos musiek; vertrek en reis; sprokies en mites; siekte, aftakeling, sterwe en dood; stede; ’n soek na herkomste en oorspronge; vergeet en onthou; instink en rede; dit wat beskryf of gesê is teenoor dit wat vir altyd onuitgespreek of onbeskryfbaar bly; of die plek en gedaantes van die liefde in menslike verhoudings … dit alles vorm op ’n manier ’n herbesoek aan Willem van der Berg se Reisigers na nêrens (1946) in die post-apokaliptiese toonaard van die 21ste eeu. Vir enige leser wat wil bybly by wat op die voorpunt van die Afrikaanse literatuur gebeur, is hierdie bundel werklik onmisbaar.” – André P Brink

Dit is ’n boek oor ontheemding, terugkeer, die saamleef met verlies. In die storie “Die mobile” raak ’n vrou, self sterwend aan kanker, obsessief betrokke by die lot van vigslyers, verwaarloos alle verhoudings met geliefdes, en skaar haar, in haar verbete stryd teen korrupte en ellendige amptenare, by die geledere van die dooies.

“Die lawaaimasjien” en “VNLS” is albei verhale oor die saamleef met die verlies aan bande met ’n kultuur en ’n kinderverlede. Dikwels word daar in hierdie verhale ’n spanningsveld geskep tussen die bevryding van die verlede en die terughunkering daarna.

Die verhale is wyd leesbaar met prikkelende stories, ideeryk met nuwe ruimtes, gebeure en karakters.


» Author: SJ Naudé
» Title: Alfabet van die Voëls
» ISBN: 9781415201459
» Format: Trade Paperback
» Release Date: October 2011
» Imprint: Umuzi
» Pages: 240
» Price: R180.00
Read an Extract  
Read the Media Reviews  
Buying options:


SITE SEARCH

Connect with us
Visit us on Facebook   View our youTube collection   Visit us on Twitter   Visit our blog Books LIVE
Visit our Blog   Visit us on LinkedIn   Visit us on Pinterest  
Random House Struik Newsletter
Random House Struik Bookclub
Struik Nature Club
Random House Struik Competitions
Random House Struik Events
Random House Struik eBooks
Win with Struik Nature Club - Tracking competition
About Us | Contact Us | Privacy policy | Terms & Conditions | Sitemap
Copyright © 2010 Random House Struik (Pty) Ltd. All rights reserved | Created by Fusia Web Services