Home Lifestyle Nature Travel and Heritage Fernwood Zebra Press Umuzi International eKhaya Apps
you are here: home | umuzi | biography and autobiography | 'n seun soos bram

'n Seun soos Bram

'n Seun soos Bram

'n Seun soos Bram

Die spannende verhaal van die kommunis Bram Fischer, leier van ’n revolusionêre beweging in ’n ondergrondse komplot teen die apartheidsregering, is maar een deel van Fischer se storie.

Nadat hy die ander samesweerders soos Nelson Mandela in die Rivonia-verhoor verdedig het, is hy self aangekla, maar het verdwyn terwyl hy op borgtog uit was. Ná maande is hy gevang en tot lewenslank gevonnis. Daarby moes hy leef met ’n verskriklike selfverwyt oor ’n motorongeluk waarin sy vrou dood is.

Maar naas die intrige en spioenasie is daar ook ’n ander verhaal van ’n gelukkige Vrystaatse jeug en hegte bande tussen Bram en sy ma, die skrywer Ella Fischer. Hannes Haasbroek vertel beide verhale gesaghebbend en deeglik, deels gegrond op nuwe dokumente soos familiebriewe en Ella se dagboeke.

Bram se verhaal word geteken teen die agtergrond van die Fischers en Fichardts, die aristokratiese Vrystaatse families waaruit hy stam, en wie se lotgevalle verweef is met die Afrikanergeskiedenis van voor die Anglo-Boereoorlog tot by apartheid en die struggle.

’n Seun soos Bram is die eerste biografie in Afrikaans oor hierdie hoogs bekende, verworpe en vereerde Afrikaner.


» Author: Hannes Haasbroek
» Title: 'n Seun soos Bram
» ISBN: 9781415201473
» Format: Softcover
» Release Date: June 2011
» Imprint: Umuzi
» Pages: 400
» Price: R240.00
Read an Extract  
Read the Media Reviews  
Buying options:


SITE SEARCH

Connect with us
Visit us on Facebook   View our youTube collection   Visit us on Twitter   Visit our blog Books LIVE
Visit our Blog   Visit us on LinkedIn   Visit us on Pinterest  
Random House Struik Newsletter
Random House Struik Bookclub
Struik Nature Club
Random House Struik Competitions
Random House Struik Events
Random House Struik eBooks
Win with Struik Nature Club - Tracking competition
About Us | Contact Us | Privacy policy | Terms & Conditions | Sitemap
Copyright © 2010 Random House Struik (Pty) Ltd. All rights reserved | Created by Fusia Web Services