Sakgids Soogdiere van Suider Afrika
Hierdie bondige boekie is die ideale sakgids om soogdiere in die streek mee uit te ken. Dis maklik om te gebruik en dek – in verbasende besonderhede – sowat 120 soogdiere, van die kleinste soogdiere (soos vlermuise, klaasneuse en skeerbekmuise) tot die grootste (soos olifante, leeus en renosters) en sluit ook seediersoorte in (soos robbe, dolfyne en walvisse). Met betroubare en kleurvolle illustrasies, bied hierdie gids beknopte inligting oor sleutel-identifiseringswenke, soortgelyke spesies, habitat, gedrag, dieet, dieregeluide, voortplanting, lewensduur, verspreiding en grootte. Duidelike afbeeldings van elke dier, verspreidingskaarte, silhoueëtte wat diere se relatiewe grootte in verhouding tot die mens aandui en illustrasies van spore en mis, maak hierdie ’n noodsaaklike gids vir sowel toeriste as natuurliefhebbers. Ook beskikbaar in: Engels as Pocket Guide: Mammals of Southern Africa ISBN 9781770078611 Duits as Taschenführer Säugetiere Südliches Afrika ISBN 9781770078871
|