Die Doen-dit-Self Huisopknapgids
Die beskeie huisie wat as ’n gevallestudie in hierdie handleiding gebruik is, is gekoop met die doel om dit op te knap om sy waarde en die lewenskwaliteit van die eienaars te verhoog. Die huis is so suksesvol opgeknap dat dit vyf jaar nadat dit gekoop is teen meer as drie maal die aankoopprys waardeer is. Hierdie handleiding is nou opgedateer met die jongste pryse en kontrakwetgewing. Die boek verduidelik aan Suid-Afrikaanse huiseienaars hoe om hul huise te transformeer sodat hulle hul lewenskwaliteit en die waarde van hul huise (met die oog op verkoopwaarde) kan verhoog.
Die huis in hierdie boek is as voorbeeld gebruik om aan te toon wat gedoen is. Daar is eenvoudige, stap-vir-stap instruksies en baie illustrasies om vir jou te wys hoe jy dieselfde stappe kan gebruik om jou eie huis op te knap. Die eerste gedeelte van die boek illustreer hoe die huis omskep is in ’n moderne huis met ’n oopplan leefarea, ’n opgeknapte kombuis, badkamer, toilet en ’n bykomende slaapkamer met ’n en suite-badkamer en bykomende gastetoilet. Daar is ook ’n paneel van raadgewers wat jou help om algemene foute te vermy.
In die tweede deel van die boek word die tegniese aspekte van bou bespreek. Ons verskaf inligting wat nodig is om relatief eenvoudige take soos die lê van bakstene, pleisterwerk, die aanmaak van beton, basiese elektriese en loodgieterveranderinge (met verwysing na verskillende regulasies), teëlwerk en die bou en insit van kaste aan te pak.
Inhoud: Waaroor gaan hierdie boek, begin, gereedskap en toerusting, deure, omskep in oopplan, vensters, ingeboude slaapkamerkaste, kombuis, badkamer, toilet, aanbou, elektriese stelsels en instandhouding, laespanningstelsels en veiligheid, loodgieterstelsels en-instandhouding, boubeginsels en-tegnieke, pleister en werk af, gate, krake en waterdigting, verfwerk, bespaar energie, houtwerktegnologie en-tegnieke, buite die huis en indeks.
Also available in English
|