Braai
Braai is ’n wye versameling byderwetse braairesepte vir vandag se leefstyl. Braai is deel van die Suid-Afrikaanse leefwyse en ’n groot gunsteling as dit kom by familie en vriende onthaal. Of jy nou ’n oop vuur, ’n braaiketel of gasbraaier verkies, hierdie resepte sal jou aanspoor om uit te kom en die vars lug en puik plaaslike produkte te geniet. Die eenvoudige uitleg, lieflike foto’s en maklike aanwysings maak hierdie boek ’n nuttige hulpmiddel wat ewe veel inslag sal vind by groentjies en ervare braaiers.
|