Home Lifestyle Nature Travel and Heritage Fernwood Zebra Press Umuzi International eKhaya Apps
you are here: home | struik nature | animals | newman se voëls van suider afrika

Newman se Voëls van Suider Afrika

Newman se Voëls van Suider Afrika

Newman se Voëls van Suider Afrika

Die gedenkuitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika is 'n opdatering van 'n klassieke voëlboek, asook 'n huldeblyk aan een van die streek se mees geliefde voëlkenners, Kenneth Newman. Met die ondersteuning van Faansie Peacock ('n opkomende voëlkenner) het Vanessa Newman (die outeur se dogter) die teks en illustrasies vir die nuwe uitgawe volledig hersien, opgedateer en uitgebrei. Die boek bevat al die voëls wat waargeneem is tussen Antarktika en die Zambesirivier, en sluit in voëls van die Suidelike Oseaan, Suid-Afrika, Zimbabwe, Namibië, Botswana, Swaziland, Lesotho en Mosambiek. Die bekende, gebruikersvriendelike formaat van Newman se Voëls is behou, maar die boek spog met 'n moderne nuwe voorkoms. Kleurkodes is gebruik vir voëlgroepe en kruisverwysings tussen die teks, en illustrasies is behou. Die bekende groot, akkurate illustrasies van elke spesie wys die voël soos wat hy in die veld voorkom, en byskrifte tot die illustrasies lig nou hoofkenmerke uit. 'n Hersiende inleiding wys lesers stap-vir-stap hoe om die nuutste uitgawe van Newman se Voëls te gebruik. Ook beskikbaar in Engels as Newman's Birds of Southern Africa.


» Author: Kenneth Newman; Vanessa & Kenneth Newman
» Title: Newman se Voëls van Suider Afrika
» ISBN: 9781770078772
» Format: Softcover
» Release Date: October 2010
» Imprint: Nature
» Pages: 536
» Price: R220.00
Read the Media Reviews  
Buying options:

MORE TITLES BY THIS AUTHOR(s)

Watter Voel Is Dit? What's that Bird? Newman's Birds of Southern Africa Newman's Birds by Colour


SITE SEARCH

Connect with us
Visit us on Facebook   View our youTube collection   Visit us on Twitter   Visit our blog Books LIVE
Visit our Blog   Visit us on LinkedIn   Visit us on Pinterest  
Random House Struik Newsletter
Random House Struik Bookclub
Struik Nature Club
Random House Struik Competitions
Random House Struik Events
Random House Struik eBooks
Win with Struik Nature Club - Tracking competition
Sasol Birds of Southern Africa
Sasol Birds Radio Ad
About Us | Contact Us | Privacy policy | Terms & Conditions | Sitemap
Copyright © 2010 Random House Struik (Pty) Ltd. All rights reserved | Created by Fusia Web Services