Sasol Groter Geillustreerde Gids tot die Voëls van Suider Afrika
Die langverwagte nuwe uitgawe van die pragtig geillustreerde Sasol Groter Geillustreerde Gids tot die Voëls van Suider Afrika hoort op die rak van elke ernstige voël-entoesias. Die jongste wetenskaplike inligting word oorgedra deur kundiges, en kleurkodes en klein afbeeldings vergemaklik naslaan.Die boek bevat groot reproduksies van Sasol-kleurplate en volksname word in Afrikaans en Engels gegee. Dit bevat ook inligting oor vyftien nuwe spesies en die nuutste name. Alhoewel hierdie uitgawe van Sasol voëls ontwerp is om tuis te gebruik, kan dit ook as veldgids dien, en dit bevat nuwe distribusie kaarte wat populasie aandui.
|