Smullekker Vegetaries
Sonia en Jade se entoesiasme vir smaaklike, geurryke kookkuns sprankel behoorlik uit elke bladsy van Luscious Vegetarian! Dié boek bevat prettige en maklike vegetariese resepte wat met sorg gekies is om die voorkeure van jong werkende mense, bedrywige gesinne en hedonistiese gesondheidsbewustes gelyktydig te bevredig.
Die resepte bevat alles en nog wat, vanaf vinnige disse vir elke dag, ligte happies en lekkernye, tot by suiwer sielskos en hedonistiese feesmaaltye en maak meestal van plaaslike bestanddele gebruik. Daar is ook bobaas-bakresepte en heerlike soet lekkernye. Hierdie boek is die begin van ’n avontuurlike liefdesverhouding met die vegetariese kookkuns.
Inhoud: Inleiding, Blits; Lig; Suiwer; Jolyt; Luilekker; Fyngebak; Spens
Also available in English
|