|
Biografie
Josh Thirion is nege jaar oud. Hy het die idee gekry om ’n kookboek te skryf nadat hy die trefferreekse MasterChef en Junior MasterChef op TV gesien het. Hy het 30 afskrifte gemaak wat hy by die Mzansi Magic-markdag in Canal Walk in Kaapstad verkoop het. Hy was só gewild dat party mense selfs sy handtekening wou hê! Buiten kook is Josh lief om te teken, veral strokiesprente. Sy ander gunstelingaktiwiteite sluit in sport, drama, lees en sing.
|