|
Biografie
Lizette Rabe het haar joernalistieke loopbaan by Die Burger begin en was vir twintig jaar in die joernalistiekpraktyk, onder andere as redakteur van die tydskrif Sarie. Sy het haar doktorsgraad in 1994 verwerf, en het haar in 2001 in die akademie begewe met ’n aanstelling as professor en departementshoof van die Universiteit Stellenbosch se nagraadse Departement Joernalistiek. Sy was die eerste vrou om as redakteur van ’n Afrikaanse publikasie by Naspers aangestel te word, en die eerste vrou aan die hoof van die US se joernalistiekskool. Sy is outeur, mede-outeur of samesteller van verskeie boeke en ook lid van verskeie professionele verenigings, nasionaal en internasionaal.
|