|
Biografie
Hanlie Retief is reeds drie keer as kreatiewe joernalis van die jaar aangewys, het twee ATKV-veertjies in haar hoed en was twee keer finalis vir die Mondi-toekenning. Sy is wyd bekend vir haar weeklikse onderhoude met bekendes in Rapport. In 2011 verskyn ’n keur uit die onderhoude in haar boek Hanlie Retief gesels met. Sy woon en werk in Kaapstad.
|