|
Biografie
Wyle professor Kristo Pienaar, voormalige hoof van die Departement van Plantkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland, was ’n lewenslustige, kleurvolle persoonlikheid en het graag sy omvattende kennis gedeel tot voordeel van die plantliefhebbers in Suid-Afrika. Hy was ’n kenner van inheemse plante en was alombekend vir sy radiopraatjies en televisieprogramme. Hy het ook heelpaar suksesvolle tuinboeke geskryf.
|