|
Biografie
Tracey Hawthorne is 'n vryskutskrywer en –redigeerder en woon in Suid-Afrika. Sy skryf al vir die afgelope 25 jaar vir tydskrifte en joernale oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe, en sy is die outeur en mede-outeur van meer as 'n dosyn boeke, beide fiksie en nie-fiksie. Sy redigeer ook boeke, bied slypskole oor redigering aan en onderrig aspirant-skrywers.
|